Amerikaanse ambassade veertjie in Windhoek se hoed
Die nuwe Amerikaanse ambassade in Windhoek is deur Engineering News Record se Global Best Projects-kompetisie as die Beste Projek in die Regeringsgebou-kategorie bekroon. Hierdie hooggeagte erkenning beklemtoon die uitsonderlike ontwerp- en konstruksiepogings agter die ambassade. Die gebou is ‘n voorbeeld van uitnemendheid in argitektuur, volhoubaarheid en innoverende konstruksiepraktyke. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die ambassade se skakelbeampte, Tiffany Miller, wat uitbrei.