Afrika-energieweek sluit gewone mense uit: omgewingsgroepe

Omgewingsgroepe, insluitend die Green Connection en Extinction Rebellion, doen ‘n beroep op die regering om op te hou om tydens Afrika-energieweek in Kaapstad vennootskappe te smee met fossielbrandstofmaatskappye. Hulle voer aan die hoë koste van die geleentheid sluit die burgerlike samelewing uit in belangrike besprekings wat fokus op olie- en gasbeleggings. Die Green Connection se woordvoerder, Lisa Makaula, sê hulle beplan om buite die perseel te betoog en vra volhoubare ontwikkeling en beskerming vir vissersgemeenskappe wat deur fossielbrandstofprojekte geraak word.