Macron vra Europa om saam te staan na Trump se verkiesing
Die Franse president, Emmanuel Macron, sê hy en Duitsland se kanselier, Olaf Scholz, gaan hulle bewyer vir ‘n meer verenigde, sterker en soewereine Europa nadat Donald Trump die Amerikaanse verkiesing gewen het. Talle lande in die Europese Unie was skrikkerig oor die vooruitsig omdat Trump gedreig het om NAVO om te keer, ‘n vinnige ooreenkoms met Rusland aan te gaan oor sy inval in Oekraïne, en moontlike handelstariewe. Macron het weer beklemtoon dat Europese lande moet saamstaan. Hy sê dit kan nie ‘n geval van elkeen vir homself of bilaterale verhoudinge wees nie, maar eerder ‘n gekoördineerde Europese strategie.