Oekraïne kry dalk minder VSA steun onder Trump
Die herverkiesing van Donald Trump as die 47ste Amerikaanse president, kan beteken Oekraïne sal binnekort ‘n vermindering in Amerikaanse steun ervaar wat ‘n beslissende uitwerking op die oorlog met Rusland kan hê. Trump en sy verkiesingsmaat, JD Vance, het dwarsdeur sy veldtog sterk twyfel uitgespreek oor die voortgesette Amerikaanse verbintenis tot Kiëf. Trump het ook daarop gesinspeel die VSA kan druk op Oekraïne plaas om ‘n ongemaklike wapenstilstand met Rusland te aanvaar. Die Oekraïnse president, Volodymyr Zelensky, het Trump vroeër gelukgewens en gesê hy waardeer sy verbintenis tot vrede deur krag.