Reaksie op 137 500 huishoudings wat staatmaak op pensioentoelaag

Die Namibië Statistiek Agentskap rapporteer in die hoof-sensusverslag dat 18,1 persent van die bevolking staatmaak op geld van pensionarisse. Dit is 3 persent minder as wat in 2011 aangeteken is. Die sensus het ook gevind dat daar 756 339 huishoudings in die land is wat beteken net meer as 137 500 huishoudings maak staat op die oumens pensioen vir ‘n inkomste. Volgens die sensus is daar meer pensionarisse in landelike nedersettings wat volgens verskeie menings die afhanklikheid aandryf. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die maatskaplike aktivis Linda Baumann, wat sê dit is ‘n groot probleem.