Rolprent oor Michael Jackson in Oktober ’25 in teaters
Lionsgate het aangekondig sy rolprent oor die lewe van Michael Jackson, met die titel Michael, sal op 3 Oktober 2025 in teaters wees. Die titelrol word vertolk deur Jaafar Jackson, wat ‘n neef is van die ontslape popsuperster. Die bio-rolprent se regisseur is Antoine Fuqua en ander rolle word vertolk deur onder meer Nia Long, Laura Harrier, Miles Teller en Colman Domingo. Dit sal 30 liedjies bevat en sal fliekvlooie ‘n kykie gee in die lewe van die mees skeppende kunstenaar wat ooit gelewe het.