Program vir plaaswerkers wat uitgesit word op hervestigingsplase
Die landbouminister Calle Schlettwein sê die uitsetting van plaaswerkers as gevolg van die hervestigingsproses is ‘n beduidende uitdaging in Namibië se grondhervormingspogings. Die werkers word haweloos gelaat ná die verkryging van plase vir hervestiging maar sal volgens hom nou deur ‘n nuwe program wat gemik is op die ondersteuning van generasie plaaswerkers, geakkommodeer word. Die nuwe inisiatief het ten doel om behuising en stabiele lewensbestaan te verseker vir die werkers. Hy voeg by dat produktiwiteit van grond waarop hervestiging plaasgevind het, die tweede prioriteit is.