Tronkstraf vir omkopery, rampokkery in Fishrot-saak
‘n Voormalige polisie reservis Sakaria Kokule, 51, is tot vyf jaar tronkstraf gevonnis in die Windhoek-landdroshof. Twee jaar is opgeskort vir ‘n periode van vyf jaar. Hy is skuldig bevind deur landdros Kandiwapa Nembia op klagte van omkopery en rampokkery in verband met die Fishrot-saak. Hy het ‘n beampte van die Teenkorrupsie-kommissie, Junias Iipinge, 250 000 Namibiese dollar aangebied om bewysstukke wat hulle in die saak ontvang het, oor te gee. Fishrot-beskuldigde James Hatuikulipi en nog ‘n man, Jason Iyambo, is ook betrek. Iyambo het reeds skuldig gepleit.