Nust stel KI-en Robotika-versneller bekend

Die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie, in vennootskap met die Bank van Namibië, het die Kunsmatige Intelligensie en Robotika-versneller bekendgestel, ‘n moderne fasiliteit wat toegewy is om studente voor te berei vir die toekoms van tegnologie. Die fasiliteit, genaamd Aira, is op die Nust-kampus in Windhoek. Die doel van die fasiliteit is om studente toe te rus met die nodige vaardighede om in ‘n tegnologies-gedrewe wêreld te floreer. Nust se visekanselier, Erold Naomab, het ‘n paar kenmerke van die fasiliteit tydens die bekendstelling uitgelig.