Duisende ruk op in Pretoria teen BELA-wet
AfriForum en Solidariteit het bevestig meer as 10 000 mense het deelgeneem aan vandag se betoging in Pretoria ter verdediging van Afrikaanse onderwys en teen die Wysigingswet op Basiese Onderwyswette. Betogers het van die Voortrekkermonument na Vryheidspark opgeruk en beklemtoon BELA is die laaste strooi. Kallie Kriel van AfriForum het die moontlike bedreigings vir kulturele identiteit veroordeel en eis die behoud van moedertaalregte in die onderwys.