Wêreld-atleet van die jaar se finaliste aangekondig
Atletiek: Wêreld-atletiek het die finaliste aangekondig in elkeen van sy ses kategorieë vir Atleet van die Jaar. Botswana se Olimpiese kampioen in die 200-meter, Letsile Tebogo, is in die mans se baanatleet-kategorie benoem saam met Jakob Ingebrigtsen van Noorweë. Benoemings in die vrouekategorie sluit in die Olimpiese gouemedaljewenner in die 100-meter, Julien Alfred van Sint Lucia, en die Amerikaanse Olimpiese kampioen in die 400-meter-hekkies, Sydney McLaughlin-Levrone. Die wêreldrekordhouer in die marathon, Ruth Chepngetich van Kenia, ding mee in die kategorie vir buite-stadion-atleet van die jaar.