Oud-ombud stem nie saam met geslagsgelykheid bevinding nie

Namibië word gereken as die mees geslagsgelyke land in Afrika. Volgens die Afrika-geslagsindeks 2023, vrygestel deur die Afrika Ontwikkelingsbank-groep, was die lande wat die hoogste telling in 2023 behaal het Namibië, Lesotho en Rwanda. Die verslag meet gelykheid in maatskaplike ontwikkeling, ekonomiese geleenthede, bemagtiging en verteenwoordiging. Gelykheid in bemagtiging en verteenwoordiging bestaan uit verteenwoordiging in ‘n kabinet van ministers, parlementslede, bestuurders, professionele persone en tegnici, bate-eienaarskap en topbestuurders van firmas. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met oud-ombudsman advokaat John Walters, wat sê daar lê nog werk voor.