Kundiges moet Statistieke SA help met sensusdata – DA

Die DA sê Statistieke Suid-Afrika moet probleme met die sensusdata vir 2022 regstel deur betroubare akademici en kundiges te betrek. Hulle bepleit ‘n onafhanklike hersiening van die sensussyfers op belangrike terreine soos vrugbaarheid en inkomste, deur bestaande data vir groter akkuraatheid te gebruik. DA-woordvoerder Katherine Christie waarsku dat sonder korrekte sensusdata sal regeringsbeplanning en befondsing nadelig geraak word, veral in ʼn stad soos Johannesburg, waar die telling moontlik 16-persent te laag is: