Starmer verdubbel fondse teen mense-smokkelary

Britse Eerste Minister, Keir Starmer, sê Brittanje sal die 1,7-miljard Namibiese dollar verdubbel wat geoormerk is om bendes wat met mense smokkel, aan te pak. Die bykomende befondsing sal oor twee jaar, 3,4 miljard dollar bied vir Starmer se nuwe Grensveiligheidsinstelling, wat deel vorm van sy beleid om die aantal ongedokumenteerde migrante wat met klein bote in Brittanje aankom, te verminder. Die aankondiging volg nadat Starmer se nuwe Arbeidersregering, soos sy Konserwatiewe voorganger, sukkel om getalle af te bring, ondanks sy voorverkiesingsbelofte om die bendes uit te roei.