Jacques Burger neem oor as direkteur van rugby by NRU
Jacques Burger is deur die Namibiese Rugby-unie aangestel as die nuwe direkteur van rugby, in die plek van die oud-Springbok-afrigter Allister Coetzee. Chrysander Botha sal as nasionale mansafrigter oorneem, en sal bygestaan word deur Jaco Engels, Rohan Kitshoff, David Philander en Sergio de la Harpe. Coetzee is in Junie 2021 aangestel om die Welwitschias voor te berei vir die Wêreldbeker verlede jaar.