COP16 misluk – geen ooreenkoms
Die Verenigde Nasies se 16de konferensie oor Biologiese Verskeidenheid in Colombië het geëindig te midde van meningsverskille oor ‘n toekomsplan vir globale bioverskeidenheids-befondsing. Lande het gehoop om vordering te maak oor noodsaaklike teikens soos die beskerming van 30-persent van die aarde en die hervorming van die globale finansiële stelsel wat die omgewing skade berokken. Regerings kon nie saamstem oor befondsing en hoe die dekade se teikens gemonitor sal word nie. ‘n Ooreenkoms oor die moontlike skepping van die wêreld se grootse bioverskeidenheids-bewaringsfonds is bereik.