Musk mag sy US$1m-tjekkies uitgee
ʼn Regter van Pennsilvanië het beslis die tegnologie-miljardêr, Elon Musk, se daaglikse skenking van 1 miljoen Amerikaanse dollar aan kiesers in swaaistate mag voortgaan. Philadelphia se distriksaanklaer, Larry Krasner, het die skenking ʼn skelmstreek genoem wat die staat se verkiesingswet oortree, en gevra dat dit gestaak word. Die geskenk deur Musk se America PAC eindig vandag wanneer die presidentsverkiesing plaasvind. Tesla se uitvoerende hoof het sedert 19 Oktober elke dag ʼn tjek aan ʼn kieser geskenk wat sy petisie om spraakvryheid en wapenregte te beskerm, onderteken.