NAB kondig nuwe grenssluitings aan

Die Namibiese Akkerbouraad het aanpassings aan grenssluitings vir November aangekondig. Die grens is gesluit vir invoere van kool, Engelse komkommer, uie, kersie-tamaties, waatlemoen en spanspek. Pro-rata-invoer van beet, wortels, groen soetrissies, patats, tamaties en spinasie word toegelaat. Die grens is heel oop vir iceberg-blaarslaai, soetmielies, aartappels, pampoen, skorsies, gekleurde soetrissies en botterskorsies.