Israel maak gereed vir aanval van Iran
Israel maak hom gereed vir nog ‘n Iranse aanval ná Iranse leiers gewaarsku het dat die land sal wraak neem na die Israeliese missielaanval verlede maand, berig The Guardian. Die Iranse leier, Ayatollah Ali Khamenei, het Saterdag gesê die vyande, hetsy die Sionistiese regime of Amerika, sal beslis ‘n verpletterende reaksie kry. Die hoof van Iran se Islamitiese Revolusie Wagkorps, generaal-majoor Hossein Salami, het gesê die Iranse reaksie sal alle verwagtinge oortref. Die Wall Street Journal het Iranse en Arabiese amptenare wat oor Teheran se planne ingelig is, aangehaal dat die dreigende Iranse aanvalle meer kompleks sal wees en tussen die Amerikaanse verkiesing en die beëdiging van die nuwe president sal plaasvind.