Los misinformasie, fokus op verkiesing: PDM

Die misinformasie rondom die verkiesing vermeerder soos 27 November nader kom. Namibia Fact Check het rapporteer dat sosiale media oorstroom sal word met propaganda. Hulle woorde is nie koud nie en die Windhoek Times plaas op sosiale media dat Job Amupanda van sy vrou wil skei omdat sy ‘n Swapo ondersteuner is. X is tans ‘n politieke slagveld. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Inna Hengari van die Popular Democratic Movement, wat sê opposisie-partye sal mekaar in die toekoms nodig kry en moet nie leuens oor mekaar versprei nie.