‘Brat’ is Collins Dictionary se woord van die jaar
Collins Dictionary het die woord, “brat”, aangewys as sy woord van die jaar vir 2024. Die woord verwys na iemand wat ʼn selfversekerde, onafhanklike en genotsugtige houding het. Die Britse woordeboekuitgewer, sê die Britse sanger Charli XCX het “brat” gewild gemaak. Ander woorde op die kortlys sluit in “delulu”, wat beteken iemand se idees of verwagtinge is totaal verkeerd of onrealisties, asook die woord “anti-tourism”. Die woordeboek het “AI” verlede jaar as woord van die jaar gekies.