Die jeug gaan hierdie keer stem: AR

Die verkiesing vind in minder as ‘n maand plaas. Na Botswana se verskiesingsuitslag, waarin jeug-stemme ‘n groot rol gespeel het, verwag plaaslike opposisie partye hulle sal dieselfde sukses behaal. Volgens die Verkiesingskommissie van Namibië het meer as 900 000 jeugdiges as kiesers geregistreer uit die sowat 1 449 000 totale registrasies, maar histories stem hulle nie in beduidende hoeveelhede nie. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met George Kambala van die Affirmative Repositioning-beweging, wat positief is oor die jeug se deelname kom stemdag op 27 November.