Finale hervestigingskriteria onder die loep
Landbouminister Calle Schlettwein het die nasionale valideringswerkwinkel om die finale konsep van die hervestigingskriteria te hersien in die hoofstad geopen. Hy sê die hervestigingsbeleid het tekortkominge gehad en dit word nou aangespreek. Generasionele plaaswerkers wat hul werk verloor het en mense wat in korridors woon, sal deur programme gehelp word. Nog ‘n prioriteit is dat die grond waarop hervestiging plaasvind produktief moet wees. Sodra die kriteria gefinaliseer en aanvaar is, sal die ministerie begin om grond-toekenning volgens die drie voorgestelde modelle te implementeer. Die huidige koers van befondsing van grondhervorming skiet ver te kort van wat nodig is om ‘n sinvolle grondhervorming te implementeer. Vir ‘n suksesvolle implementering van die nuwe hervestigingsbeleid moet begrotingstoewysings in die toekoms aansienlik verbeter word