Namcor is en bly apolities, sê woorvoerder
Daar is vrae oor die politieke neutraliteit en etiek van staatsondernemings soos Namcor en die Groenwaterstof-program. Dit kom na Victoria Sibeya, ‘n uitvoerende beampte by Namcor, en die groenwaterstof kommissaris James Mnyupe die naweek by ‘n Swapo-saamtrek gepraat het. Namcor se woordvoerder, Paulo Coelho, sê hulle erken openbare kommer hieroor, maar verseker Namibiërs dat hulle apolities is.