Opul stel weer uitsetverhogings uit, olie klim

Oliepryse het vanoggend begin styg met Brent wat met amper 3 persent toegeneem het, in reaksie op Opul se aankondiging dat hy sy planne om uitset te verhoog met ‘n maand uitstel. Brent verhandel tans net onder 75 Amerikaanse dollar ‘n vat. Opul stel die beplande verhoging van sy uitset sedert Oktober uit en nou sê die groep dat hy sy besnoeiings van 2,2 miljoen vate daagliks tot in Desember verleng. Hy sê die lae prys en dalende vraag het hom geen ander opsie gelaat nie.