Israel stel VN in kennis oor UNRWA-verbod
Israel het vandag gesê hy het die Verenigde Nasies formeel in kennis gestel van sy besluit om bande met UNRWA, die agentskap wat Palestynse vlugtelinge ondersteun, te verbreek nadat wetgewers gestem het om die organisasie te verbied. UNRWA is volgens hom deel van die probleem in die Gaza-strook en nie deel van die oplossing nie. Israel se parlement het in Oktober ‘n voorstel goedgekeur om UNRWA se bedrywighede in Israel te stop, ondanks veroordeling van die internasionale gemeenskap, insluitend sy bondgenoot, die VSA.