Kredietopname groei weer, uiters belowende aanwyser

Volgens die Bank van Namibië het privaat sektor krediet vir die derde opeenvolgende maand gestyg tot 3 persent in September, vergeleke met 2,1 persent in Augustus. Die Bank skryf die groei toe aan ‘n toename in kredietopname deur beide besighede en huishoudings, deels weens laer rentekoerse. Jaarlikse groei in besigheidskrediet het vir die vierde opeenvolgende maand gestyg na 3,3 persent in September, vergeleke met 2,1 persent in Augustus. Groei in huishoudelike krediet was 2,9 persent teenoor 2,1 persent in Augustus, die hoogste groei sedert die begin van die jaar. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met dr. Omu Kakujaha-Matundu van Unam se Departement Ekonomie, wat kommentaar lewer.