Meer as 7 700 kinder-huishoudings in die land
Die jongste sensus-uitslae dui aan dat huishoudings waar ‘n kind aan die hoof staan tot 0,9 persent afgeneem het tenoor 1,1 persent in 2011. Intussen is huishouding wat deur ‘n weeskind bestuur word ook effe minder op 0,2 persent, af van 0,4 persent in 2011. Dit beteken daar is 7 754 huishoudings in die land waar ‘n kind aan die hoof staan waarvan 4 724 in landelike gebiede voorkom. Die klassifikasie word bepaal op ‘n kind 17 of jonger wat verantwoordelik is vir ‘n huishouding. Die meeste kom in die noorde voor.