Rehoboth skryf skuld van N$26m af

Die Rehoboth-dorpsraad het 26 miljoen Namibiese dollar se skuld vir 609 eiendomme in Blok E afgeskryf. Volgens die dorpsraad se woordvoerder Desire Pieters sukkel talle van die huishoudings en die eiendomme kan dus nie oorgedra word in hulle name nie. Die dorpsraad sal die oordragkostes self hanteer en 56 000 dollar in die verband betaal. Pieters voeg by dat die huise ook voorafbetaalde meters ontvang sodat skuld beter bestuur kan word.