ActionSA is dankbaar vir voedselinspekteurs in Gauteng
ActionSA in Gauteng het die belofte verwelkom van die premier Panyaza Lesufi om voedsel-inspekteurs te ontplooi om spazawinkels in die townships te monitor. Zwelithini Mtshali van ActionSA sê sedert Februarie vanjaar was daar in Gauteng meer as 210 gevalle van vermeende voedselvergiftiging. Dit het uitgeloop op 16 sterfgevalle onder kinders, wat meesal onder tien-jaar oud was. Hy sê die plaag van voedselvergiftiging raak baie fasette van gemeenskappe, veral in arm gebiede: