Trump sê hy moes nie die Withuis in 2020 verlaat het nie
Oudpresident Donald Trump sê hy moes nooit die Withuis verlaat het nadat hy die 2020-verkiesing verloor het, maar waarvan hy die uitslag nie aanvaar het nie. Hy het die opmerkings gemaak by een van sy laaste verkiesingsaamtrekke in die swaaistaat, Pennsilvanië. Trump het tydens sy toesprake weer samesweringsteorieë uit 2020 opgehaal dat stem-masjiene gekraak is en die stembusse in Pennsilvanië wat langer oopgebly het, op bedrog neerkom. Amerikaners gaan môre na die stembus.