Kommer oor ongebreidelde mag in SA-presidensie
ActionSA het die stigting verwelkom van ‘n oorsigkomitee oor die Presidensie, wat volgens die party in onlangse jare uitgebrei het tot ‘n superpresidensie. Athol Trollip van ActionSA sê die ongebreidelde uitbreiding van die mag binne die Presidensie ondermyn die werklike mandaat van die parlement. Dit is omdat dit die president toelaat om ‘n byna afsonderlike tak van die regering te bestuur wat grootliks buite parlementêre oorsig werk.