Verkiesingsmateriaal na buitelandse sendings gestuur: ECN
Die Verkiesingskommissie van Namibië het die suksesvolle voltooiing van die versending van stemmateriaal na 33 van Namibië se 35 diplomatieke sendings in die buiteland aangekondig. Namibiërs in die buiteland stem op 13 November, en die materiaal vir Ondjiva en Menongue in Angola moet nog voltooi word. Die verpakking is op 31 Oktober gedoen, en die besendings is op 1 November in diplomatieke sakke versend, met die hulp van die internasionale betrekkinge ministerie. Slegs 11 uit 21 politieke partye wat aan die verkiesings deelneem het egter deelgeneem om die proses te bekragtig. Die Kommissie doen ‘n beroep op alle politieke partye om deel te neem aan die voortdurende verpakking en verspreiding van verkiesingsmateriaal om die integriteit van Namibië se demokratiese prosesse as ‘n gedeelde verantwoordelikheid te verseker.