Talle beseer toe toeristetrein botsing probeer vermy
Sestien mense is beseer toe ‘n toeristetrein wat bedryf word deur die Ceres-spoormaatskappy skielik moes stop om ‘n botsing met nege staande Transnet-vragdraers in die Kaapstadse hawe te vermy. Die maatskappy sê die voorval het gebeur weens spoorpunte wat nie reg ingestel was nie. Die skielike rempoging het passasiers vorentoe gegooi, met deure en kajuitmeubels wat vinnig rondgeskuif het. Die nooddienste het vinnig reageer om die beseerdes by te staan. Die maatskappy sê hy werk met Transnet-spoorvrag om die oorsaak van die voorval te bepaal.