Nuwe organisasie gaan spaza-winkels verdedig, opknap

Die organisasie Together in Defense of the Township Economy het begin om plaaslike ondernemings te verdedig en gesondheidstandaarde te verbeter ná die dood van ses kinders in Soweto. Die kinders het vergiftigde versnaperings geëet wat by ‘n spaza-winkel gekoop is. Die organisasie se president, Sipho Mthembu, sê die groep het met ander organisasies kragte saamgesnoer om solank te begin met vier van 15 spaza-winkels in Naledi wat hul van plan is om op te knap. Die doel is om die breër township-ekonomie te ondersteun deur spaza-winkels te gebruik as ‘n manier om plaaslike produkte te versprei.