Mbumba wens nuwe Botswana-president geluk
President Nangolo Mbumba het Botswana se nuwe president, Duma Boko, en die Umbrella for Democratic Change-party gelukgewens ná hul verkiesingsoorwinning. Mbumba sê die Batswana verdien lof vir die vreedsame verkiesings. Hy het ook die uittredende president Mokgweetsi Masisi geprys vir die aanvaarding van die verkiesingsuitslag as die wil van die mense, en dat hy hom daartoe verbind het om ‘n ordelike oorgang voor te berei. Mbumba sê hy sien uit na ‘n voortgesette vrugbare werksverhouding en versterking van bilaterale betrekkinge vir gedeelde welvaart vir beide Namibië en Botswana.