11 in Israel gewond in Hezbollah-vuurpylaanval
Vuurpyle wat vanuit Libanon afgevuur is, het 11 mense in sentraal-Israel gewond nadat een ‘n huis getref het, volgens Israeliese nooddienste. Israel se ambulansdiens sê dat die gewondes deur skrapnel beseer is. Lugaanvalsirenes gaan voort om in die noorde van Israel te loei terwyl vuurpyl-aanvalle uit Libanon voortduur, sê die weermag. Libanon se gesondheidministerie berig 52 mense is dood in Israeliese aanvalle op meer as ‘n dosyn dorpe in die Baalbek-streek, wat Romeinse ruïnes op die UNESCO-lys het. Hoop dat ‘n Amerikaanse aandrang vir ‘n wapenstilstand suksesvol sou wees, het die afgelope dae vervaag.