Nuwe Botswana-president wil De Beers-ooreenkoms afsluit

Botswana se nuwe president, Duma Boko, sê hy wil so gou moontlik samesprekings vir ‘n nuwe verkoopsooreenkoms met De Beers afsluit. De Beers het verlede jaar oor ‘n nuwe diamantverkoopverdrag ooreengekom, wat die regering se aandeel in diamante van die Debswana gesamentlike onderneming geleidelik tot 50 persent oor die volgende dekade sal laat toeneem. Die ooreenkoms moet nog onderteken word. Boko sê De Beers het dit oorweeg om weg te stap en nie te teken nie, wat ‘n baie gevaarlike posisie vir ‘n land is om in te wees. Debswana, wat gelykop deur Botswana en De Beers besit word, verkoop tans 75 persent van sy uitset aan De Beers.