Ontwikkelingsbank soek werkloosheidstatistieke
Die Ontwikkelingsbank van Namibië het hulle geïntegreerde finansiële verslag vrygestel. Die bank het in hulle 20-jarige bestaan 21 miljard Namibiese dollar tot die ekonomie bygedra en het 76 000 werksgeleenthede geskep. Die bank se hoof van menslike hulpbronne, Sara Kapiye, het by ‘n perskonferensie die bank se vyf-jaar plan bekendgemaak. Volgens Kapiye het hulle opgedateerde werkloosheidstatistieke nodig om hulle planne te kan uitvoer.