Batohi hersien terugtrek van klagte teen Kodwa
Die hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag, Shamila Batohi, gaan die besluit hersien om korrupsie-aanklagte teen die voormalige minister van Sport, Zizi Kodwa, en sy medebeskuldigde, Jehan Mackay, te laat vaar. Die hersiening volg op ‘n versoek van die Valke om die beslissing deur die Suid-Gautengse Direkteur van Openbare Vervolging, Andrew Chauke, te hersien. Volgens NVG-woordvoerder, Mthunzi Mhaga, sal die hersiening ooreenkomstig grondwetlike riglyne geskied. Kodwa is daarvan beskuldig dat hy van 2015 tot 2016 omkoopgeld van 1,6-miljoen-rand aanvaar het maar die aanklagte is Vrydag in die hof teruggetrek.