Ruben Amorim is nuwe Manchester United-bestuurder

Sokker: Ruben Amorim is Manchester United se nuwe bestuurder. Die 39-jarige is tans bestuurder van Sporting en verhuis op 11 November uit Lissabon na Old Trafford. Sy kontrak is geldig tot Junie 2027. Die voormalige doelskieter van United, Ruud van Nistelrooy, neem op ‘n tussentydse basis waar nadat Erik ten Hag Maandag afgedank is en sal vir die volgende drie wedstryde aanbly. Die BBC berig Amorim is die sesde permanente bestuurder wat United aanstel sedert Alex Ferguson se bewind van 26 jaar met sy uittrede in 2013 geëindig het.