Jeug kan ook verkiesingsbom in Namibië laat bars: kenner
Botswana se president Mokgweetsi Masisi het ‘n nederlaag erken aangesien voorlopige resultate toon dat sy Botswana Democratic Party sy parlementêre meerderheid verloor het ná byna ses dekades aan bewind. Die finale uitslae is nog nie bekendgemaak nie. Die opposisie Umbrella for Democratic Change het die drempel van 31 setels oorgesteek wat nodig is om ‘n meerderheid in die parlement te verseker, volgens resultate wat op staatstelevisie vrygestel is. Dit maak van sy leier, menseregteprokureur Duma Boko, die verkose president. Masisi het by ‘n nuuskonferensie in Gabarone gesê hy en sy party het dinge grootliks verkeerd gedoen volgens die kiesers. Kosmos 94.1 Nuus het met politieke ontleder dr. Marius Kudumo gesels oor of dit ‘n uitwerking op Namibië se verkiesing sal hê.