PDM-jeugliga bekommerd oor weggelate werkloosheidsdata
Die kontroversie oor die Nasionale Statistieke Agentskap se weglating van die werkloosheidsdata uit die hoofsensusverslag, woed voort. Sommige jongmense sê dat hulle oningelig voel oor hierdie belangrike statistieke, wat hulle en hul vriende direk raak, voor die verkiesing. Sommige sê dat hulle vertroue in die onpartydigheid van die agenstkap verloor het en begin glo AR-leier Job Amupanda se bewerings dat die regerende party die vrystelling van die statistieke voor die verkiesing verhoed omdat dit so erg is. Kosmos 94.1 Nuus het met Julia Nekwaya, sekretaris-generaal van die PDM-jeugliga, gepraat wat haar kommer uitspreek.