Meer klaskamers is goed, maar wat van koshuise?

Finansminister Ipumbu Shiimi het aangekondig dat die onderwysministerie ‘n Implementeringseenheid gestig het om aanbevelings van die 2022 Nasionale Konferensie oor Onderwys uit te voer. As deel hiervan beoog die ministerie om in die 2024/25-boekjaar 512 klaskamers landwyd te bou, waarvan 296 reeds in September voltooi was. Die hervormingsprogram fokus ook op die verbetering van digitale infrastruktuur en die professionalisering van die onderwysberoep. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Dorothea Nangolo, president van die Namibië Nasionale Studente-organisasie, Nanso, wat tevrede is met die vordering, maar vra vir meer skole en koshuise in die streke.