Zuma appelleer vandag teen ANC-skorsing
Die Jacob Zuma-stigting het bevestig die ANC sal vandag oudpresident Jacob Zuma se aanlyn appèlverhoor teen sy uitsetting aanhoor. Zuma, is in Julie geskors weens sy ondersteuning vir die MK Party eerder as die ANC. Die klag sluit in dat Zuma die MK in die openbaar onderskryf en die ANC-veldtog verwerp het. Die stigting se woordvoerder, Mzwanele Manyi, het Zuma se versoek vir ‘n openbare verhoor bevestig.