Gauteng se waterkwessies – lekkasies veroorsaak 33% verlies

AfriForum het ʼn veldtog bekendgestel wat munisipaliteite in Gauteng sal dwing om die 72-uur-spertyd om waterlekkasies reg te maak, na te kom. Rand Water het weens ʼn toename in aanvraag ʼn vlak een-waterbeperking tot Maart volgende jaar in die provinsie ingestel. AfriForum-woordvoerder Lambert de Klerk sê die veldtog is daarop gemik om Dag Zero in die provinsie te voorkom en die verlies aan drinkwater weens lekkasies, wat tans sowat 33-persent is, te verminder: