EU ondersoek Temu vir onwettige produkte

Die Europese Unie het met ‘n formele ondersoek na die e-handelsplatform, Temu, begin wat sy pogings bevraagteken om die verkope van onwettige produkte te voorkom. Temu het 92-mijoen gebruikers in die Europese Unie en moet aan die Wet op Digitale Dienste voldoen om die beskerming van verbruikers te verseker. EU-hoof van tegnologie, Margrethe Vestager lê klem op streng nakoming van standaarde. Volgens haar kan nie-nakoming lei tot stewige boetes of beperkings op die platform. Temu het intussen sy samewerking belowe en hom opnuut verbind tot ʼn veilige markplek.