Veelsydige WP-speler kry eerste nasionale oproep
Krieket: Die veelsydige speler van Westelike Provinsie, Mihlali Mpongwana, is die eerste keer in die nasionale groep ingesluit toe die witbal-afrigter, Rob Walter, sy groep van 16 spelers aangekondig het vir volgende maand se tuisreeks van vier T20’s teen Indië. Hy het van die meeste paaltjies laat kantel in vanjaar se T20-uitdaging. Snelbouler Kagiso Rabada kry ʼn blaaskans terwyl Gerald Coetzee en Marco Jansen terugkeer na hulle verpligte kondisionering. Die eerste T20 is volgende Vrydag op Kingsmead in Durban, gevolg deur kragmetings in Gqeberha, Centurion en op die Wanderers.