ErongoRed-hoof maak alarm oor kabeldiefstal
Immanuel Hanabeb, uitvoerende hoof van ErongoRed, sê kabeldiefstal word’n toenemende probleem wat hulle jaarliks sowat 4,5 miljoen Namibiese dollar kos. Hy sê daar moet bewustheid en optrede wees om koperkabeldiefstal in die streek hok te slaan.