EU is gereed om Spanje te help
Die Spaanse regering het van vandag af drie dae van rou afgekondig, ná kitsoorstromings wat die lewens van minstens 95 mense in die suidooste van die land geëis het. Verskeie mense word ook regoor die land vermis. Daar was oorstromings in stede soos Valencia, Murcia en Malaga. Die regering het ‘n krisiskomitee saamgestel om reddingspogings te koördineer. Die president van die Europese Kommissie, Ursula von der Leyen, het die vloede as verwoestend beskryf en sê hulle is gereed is om reddingspogings te ondersteun: